Ontvang met aankope 'n CD met die volgende om tuis uit te druk:
Kinderwerf alfabetboek (kleur die prentjies in, trek die letters na en skryf die woorde), natrek- en flitskaarte vir die alfabet en syfers, en alfabet- en syferplakkate.
Voorbeeld R130 Aanbevole ouderdomsgroep: 3-6 jaarOntvang 10 beloningskaarte en 50 goue ster plakkers, sowel as 'n Loebi inkleur- en aktiwiteitsboek.
R60 Aanbevole ouderdomsgroep: EnigeBederf 'n spesiale kleinding met die rekenaarspeletjies. Nie net is dit groot pret nie, maar ook baie opvoedkundig! Leer speel-speel saam met Loebi met die dubbel CD rekenaarspeletjies. Op CD 1 kan jy gaan kyk hoe lyk Drakedorp, 'n Loebi legkaart bou, inkleur en saam met Loebi kermis toe gaan! Jy kry ook jou eie tekenprogram. Op CD 2 leer jy meer van Loebi met 'n elektroniese inkleurboek, waardeur jy kan "blaai" en inkleur.
R100 Aanbevole ouderdomsgroep: EnigeDie Loebi inkleur- en aktiwiteitsboek se aktiwiteite is spesiaal ontwerp vir kleuters van 2 tot 8 jaar.
R60 Aanbevole ouderdomsgroep: EnigeOntvang met aankope 'n CD met die volgende e-boeke op om tuis uit te druk:
Winterpretpak, Paasfeespretpak, Kersfeespretpak en Dierepretpak.
Kinderwerf se WINTERPRETPAK is spesiaal ontwerp om kleingoed vir ure lank binneshuis besig te hou op dae wat hulle nie buite kan speel nie. Dié pretpak bestaan uit maskers, speletjies, vingerpoppe, ‘n maklike kleiresep en nog vele meer!
Ons PAASFEESPRETPAK bestaan uit heerlike Paasfees aktiwiteite. Maak byvoorbeeld julle eie Paasfeesmandjies, eiers, hasies. Versier ook eiers en hou ‘n skattejag.
Hou jou kinders vir ure besig met ons unieke DIEREPRETPAK wat bestaan uit 30 raaisels met prentjies, vingerpoppies van die drie varkie en huisies wat julle self inkleur en maak, stap vir stap leer-teken-prente, werkskaarte en maskers.
Kinderwerf se KERSFEESPRETPAK is ‘n e-boek van 70 bladsye bestaande uit, onder andere, Maria, Josef, skaapwagters en wyse manne vingerpoppe, ‘templates’ vir Kersversierings, geskenke en maskers, asook speletjies, Kerskaartjies en nog vele meer.
Voorbeeld R110 Aanbevole ouderdomsgroep: Enige