Aksie Rympies
Hierdie is klomp aksie rympies wat jou baba en peutertjie gaan laat kraai van die plesier. (Jy kan dit vir jou ouer kind ook leer!) Dit is alles bestaande rympies en ons is op soek na nog! As jy nog aksie rympies ken, deel dit asseblief met ons deur 'n e-pos te stuur.
Duimpie ... duimpie se maat
Vat jou kind se handjie en druk op elke vingertjie soos die rympie aandui:
DuimpieMet die laaste vingertjie moet daar natuurlik gekielie word!
Duimpie se maat
Langeraat
Fiela Vlooi
en piepie in die kooi
Daar kom 'n muis ...
Daar kom 'n muis,Sit kleintjie se twee hande teen mekaar dat dit soos 'n dakkie lyk - moet 'n V vorm.
hy bou 'n huis.
Daar kom 'n mugMaak nou kleintjie se hande plat dat sy hande 'n bruggie vorm.
hy bou 'n brug.
Daar kom 'n vlooi,Kielie jou kleintjie liggies! Dis die vlooi wat hom op eet!
en hy byt jou rooi rooi rooi!
Spekkie
Wie het die spekkie ...Klap met jou vingers in die lug terwyl jy sê:
Wie het die spekkie daar bo gesteel?Kom stadig met jou hand af, elke keer wat jy die volgende sin sê:
Hier kom die krappie aangekruip, hier kom die krappie aangekruip. Onder die kennetjie ingeduik.Kielie onder kleintjie se kennetjie
Duimpie het in die water geval ...
Druk op elke vingertjie soos die rympie aandui:Duimpie het in die water geval
Duimpie se maat het hom uitgehaal
Langeraat het hom huistoe gedra
Ringman het hom in die bed gesit
En Pinkie het vir pappa gaan sê!
Handjies klap
Klap kleinding se handjies terwyl jy die volgende sê:Handjies klapVryf sy handjies vinnig teen mekaar
koekies bak
bring die meel
nie te veel
klits die eiers gou-gou
Lekker eet ons nou-nouGooi sy handjies in die lug
Eerste varkie-parkie
Dankie aan Charlene Du Preez wat hierdie rympie ingestuur het.
Gebruik die kleinding se toontjies vir die volgende rympie. Begin my die groottoon. Wikkel elke toontjie soos jy die rympie opsê!Eerste varkie-parkie het gaan boer ... boer ... boer ...Kielie die beentjies
Tweede varkie-parkie het die mieliepap geroer ...
Derde varkie-parkie bring die wortels en die beet ...
Vierde varkie parkie het van alles iets geweet ...
Maar die vyfde varkie-parkie wou net vreet-vreet-vreet!
Tien klein vingertjies
Ingestuur deur Annerise Augustyn- baie dankie!
Tien klein vingertjies in die lugHou armpies op
Tien klein vingertjies agter my rugHou armpies agter rug
Tien klein vingertjies langs my syHou armpies langs sy
Tien klein vingertjies behoort aan MY!Vou armpies voor bors
