[Profile Register/Log In] (What's This?)

From: "Loebi" <info@loebi.co.za>
Subject: Gratis Loebi e-boek en foto album!
Date: February 4th 2013

Hallo aan al my mense maatjies!

Ek hoop julle het almal lekker vakansie gehou en dat julle opgewonde is vir die nuwe jaar! My nuwe jaar is baie lekker so ver. Ek het begin met die Klein Drakie Skool en dis BAAAIE lekker! Ek kan nog nie self skryf nie, want ek leer nog, so Tannie Martie help my om hierdie briefie vir jou te tik. Sy sê mens noem dit 'n epos, maar ek verstaan nie mooi wat dit is nie.

Ek het 'n foto album gemaak van my eerste dag van skool. Dit is baie mooi. Maar ek moet nou gaan! 

Tata! 

Loebi

ps1. Tannie Martie sê julle kan ook na my foto album gaan kyk as julle op hierdie ding kliek:

http://www.kinderwerf.co.za/koop/index.php?route=product/category&path=66_83

ps2: Tannie Martie sê ook julle kan tot Woensdag toe die eboek verniet kry waar sy die storie vertel van die dag toe ek vir die eerste keer skool toe gegaan het.Kliek op hierdie ding (onthou dis net tot Woensdag toe verniet)

http://www.kinderwerf.co.za/koop/index.php?route=product/category&path=85_88

ps3. Die eboekie lyk of dit R15 kos, maar as jy dit "uitcheck" sal jy sien dit kos R0. 

ps 4. Wat is Rande? Is dit julle geld? Ons betaal vir goeters met mieliepitte!

ps 5. As julle sukkel of vragies het kan julle vir die Tannies wat vir Tannie Martie help epos by info@loebi.co.za

ps 5. Baai!! Regtig egtig die keer!



<< Previous: Loebi kom kuier in Pretoria, Bloemfontein, Paarl, Stellenbosch, George, Vredendal en Uitenhage

| Archive Index |

 

(archive rss , atom )

this list's archives:


Algemene nuusbrief vir Loebi die drakie se doen en late
Subscribe/Unsubscribe on Loebi

* Required



Powered by Dada Mail 4.3.1 Stable 12/23/10
Copyright © 1999-2010, Simoni Creative. Install Dada Mail web hosting