[Profile Register/Log In] (What's This?)

From: "Loebi" <info@loebi.co.za>
Subject: Geseende feesseisoen!
Date: December 8th 2011

Hallo julle!

Kinderwerf/Loebi wil vir almal van julle BAIE dankie se vir jul ondersteuning die afgelope jaar.  Ons hoop dat julle heerlike gesinstyd sal spandeer hierdie feesseisoen en dat 'n voorspoedige 2012 vir julle voorle!  Vind asb. aangeheg GRATIS Loebi geskenkaartjies om dankie te se vir jul ondersteuning.  Reis veilig as julle weggaan met vakansie en maak asb. seker dat jul kinders te alle tye vasgegordel is in die kar.

Op aanvraag het ons die sperdatum vir bestellings van die Loebi CD met luisterstories en liedjies geskuif na Vrydag 9 Desember.  Kontak liesbet@kinderwerf.co.za om te bestel.  R80 vir slegs die CD, OF R220 vir die CD, 6 boekies en 'n inkleur- en aktiwiteitsboek (posgeld GRATIS)

Kinderwerflede se Desember pretpak en ons pragtige 2012 kinderkalender word teen Vrydag uitgestuur.  As jy dit teen Vrydag nog nie ontvang het nie, laat weet ons asseblief, ons het 'n tegniese probleem opgetel wat 'n paar van julle se e-posadresse geraak het...Ons vra om verskoning vir hierdie ongerief.

Vir diegene wat nooit hul Kinderwerflidmaatskap aktiveer het nie, julle het uitgemis op BAIE pret en 'bargains!'  Julle kan egter nog tot die einde van hierdie week jul lidmaatskap aktiveer teen die huidige prys van slegs R100 per jaar (volgende jaar gaan die pryse op) en ons pragtige kinderkalender ter waarde van R30 GRATIS per e-pos ontvang.  As jy onseker is oor jou lidnommer, kontak liesbet@kinderwerf.co.za as jy dit wil aktiveer.  Betalingsbesonderhede is onderaan hierdie e-pos.

GOEIE NUUS! Die koste vir die Loebi Lees- en aktiwiteitsklub bly voorlopig dieselfde vir 2012.  Hierdie unieke produk is ons grootste trots en voorwaar 'n belegging in jou kind se toekoms.  Diegene wat nog nie aangesluit is nie, julle gaan werklik uitmis in 2012!  Sluit aan by 
www.loebi.co.za/sluitaan.php vir ouderdomsgroepe 0-2, 2-3, 3-4, 4-5 of 5-7

Kennisgewing vir Loebi-leesklublede:  ons aanvaar meeste van julle gaan met vakansie oor die feesseisoen; daarom aanvaar ons maandelikse betalings vir Januarie tot die 15de Januarie.  Januarie se boekies sal ook eers die 16de Januarie gepos word.  Alle ander maande se betalings moet teen die 5de van elke maand afgehandel word.

Ons streef daarna om vir julle die beste diens moontlik te bied.  Ons kliënte is vir ons baie belangrik. Indien jy 'n bestelling geplaas het en nog nie jou produk ontvang het nie, of as jy ontevrede is met enige diens van ons kant af, asseblief stuur 'n epos na liesbet@kinderwerf.co.za. Moenie net stilbly nie! Ons wil graag sorg dat almal gelukkig en tevrede is! Natuurlik is dit altyd lekker om van tevrede kliënte ook te hoor ;)

Kinderwerf/Loebi sal gesluit wees vir die feesseisoen vanaf 12 Desember 2011 tot 11 Januarie 2012.

Groete

Die Kinderwerfspan
www.kinderwerf.co.za
www.facebook.com/kinderwerf

BETALINGSBESONDERHEDE

1.  Betaal die korrekte bedrag in Kinderwerf se bankrekening:

Rekeninghouer:  Kinderwerf
Rekeningnommer:  62168299800
Bank:  FNB
Takkode:  256755 (FNB Northgate)
Verwysing:  Maak asb. 100% seker dat jy die korrekte verwysing gebruik:

Om jou Kinderwerflidmaatskap te aktiveer, gebruik jou Kinderwerflidnommer as verwysing.
Om jou Loebi-leesklublidmaatskap te aktiveer of maandelikse leesklubbetalings af te handel, gebruik jou leesklublidnommer as verwysing.
Om 'n bestelling vir die CD of CD pakket te plaas, gebruik jou voorletter, van en CD as verwysing.


2. Stuur jou bewys van betaling na liesbet@kinderwerf.co.za of faks na 0866567755.  Indien jy 'n bestelling geplaas het, onthou om die volgende
inligting saam te stuur:

- ‘n Uiteensetting van jou bestelling
- Jou posadres
- Jou e-posadres




 



<< Previous: Loebi Message

| Archive Index |

Next: Spesiale aanbod! GEEN AANSLUITINGSFOOI! >>

(archive rss , atom )

this list's archives:


Algemene nuusbrief vir Loebi die drakie se doen en late
Subscribe/Unsubscribe on Loebi

* Required



Powered by Dada Mail 4.3.1 Stable 12/23/10
Copyright © 1999-2010, Simoni Creative. Install Dada Mail web hosting