[Profile Register/Log In] (What's This?)

From: "werfads" <liesbet@kinderwerf.co.za>
Subject: Bemark jou besigheid in 2016 saam met Kinderwerf
Date: September 9th 2015

Goeiedag

Ons het 'n unieke bemarkingsgeleentheid vir besighede om saam met Kinderwerf hulle besigheid in 2016 aktief te bemark en in die proses help dat baie nodige Afrikaanse opvoedkundige hulpbronne gratis versprei word.

Hier volg meer info:
Kinderwerf gaan in Januarie 2016 'n Konsentrasiegids by skole landswyd uitdeel. Hierdie gids is propvol wenke, raad en artikels vir ouers en onderywsers om kinders met konsentrasieprobleme te help. Die gids is nie net vir kinders met ADHD nie, maar vir enige kind wat soms sukkel om luister en takies te voltooi. Die gids is gerig op ouers met kinders van 4 -12 jaar. Dit is slegs in Afrikaans beskikbaar.

Klik asseblief op hierdie skakel om te sien hoe ons gids lyk en om meer informasie oor al ons advertensiepakkette te kry.

www.kinderwerf.co.za/konsentrasiegids.html


Hier is egter 'n opsomming van die inligting:

Daar gaan 50 000 fisiese gids gedruk en GRATIS versprei word. Navorsing wys dat hierdie gids dan deur ten minste 2 volwassenes deurgeblaai sal word. Dus word 100 000 mense bereik

Die gids gaan ook elektronies GRATIS beskikbaar gestel word vir mense wat nie die fisiese gids ontvang nie. Hier gaan ook 100 000 mense bereik word.Sien skakel hierbo waar ons verduidelik hoe ons by hierdie getalle uitkom. Die elektroniese gids gaan ekstra materiaal bevat soos werskaarte wat ouers kan uitdruk, ekstra artikels en advies. Daar sal ook gereeld nuwe inligting bygevoeg word.

Daar is verskeie adverteer-opsies beskikbaar,blaai deur die aanlyn gids en klik telkens op die opsie wat vir jou aantreklik lyk om meer inligting te kry.

Deur te adverteer in die gids help jy ons om hierdie gids moontlik te maak. Ons glo dat dit 'n baie goeie hulpbron vir ouers en onderwysers sal wees.

Sluitingsdatum vir die bespreking van advertensies, borge en plasings is 15 Oktober 2015. Daar is beperkte spasie in die fisiese gids so boek jou advertensie so gou as moontlik.

Die gids gaan elektronies in Desember 2015 verskyn en beskikbaar gestel word. Die fisiese gids gaan in Januarie by Laerskole en kleuterskole uitgedeel word. Sien skakel bo-aan epos gegee vir meer besonderhde oor die verspreiding van die fisiese gids.


Baie dankie vir julle ondersteuning.
Sonder adverteerders sal hierdie produk nie moontlik wees nie.

Groete
Martie Kruger
Eienaar: Kinderwerf
www.kinderwerf.co.za



<< Previous: Adverteer in Kinderwerf se dierepretpak en bereik 20 000 + ouers!

| Archive Index |

 

(archive rss , atom )

this list's archives:


Bly op hoogte van unieke en effektiewe, bekostigbare bemarkingsgeleenthede saam met die Afrikaanse opvoedkundige webwerf Kinderwerf (www.kinderwerf.co.za).
Subscribe/Unsubscribe on werfads

* Required



Powered by Dada Mail 4.3.1 Stable 12/23/10
Copyright © 1999-2010, Simoni Creative. Install Dada Mail web hosting