Afrikaans! Opvoedkundig! Uniek!


Die “ie” boekie

Hierdie boekie kan gebruik word om jou kleinding die ‘ie’ klank te leer. Ons het die boekie vir jou begin, en jy en jou kind kan dit saam voltooi.

(Hierdie boekie sal die beste werk as jou kind reeds die alfabet magtig is en basiese drie-letter woorde kan lees. Sien ons alfabetkaarte en leeskaarte om hierdie belangrike vaardighede vir jou kind te leer.)

Hoe om die boekie te maak

Laai die 'ie' boekie gratis af

  • Druk bladsy 1 en 2 van die boekie op jou drukker uit.
  • Plak hulle rug aan rug vas aan mekaar, dat dit een papier vorm.
  • Knip die buitelyn (die rooi lyn) van die groot reghoek op die bladsy uit.
  • Knip elke strokie uit op die blou lyne.
  • Sit die strokies soos volg op mekaar:
    • nr.1: die strokie met die prentjie van die zebra heelonder (die prent moet links wees)
    • nr.2: plaas daarna die strokie met die prentjie van die vier appels bo-op nr. 1 (die prent moet links wees)
    • nr.3: plaas daarna die strokie met die prentjie van die heksie bo-op nr. 2 (die prent moet links wees)
    • nr.4: plaas die strokie met die woord ‘tier’ aan die regterkant bo-op nr.3
  • Kram die boekie in die middel. Dit behoort nou soos volg te lyk:
    • Voor-op staan daar ‘ie’.
    • As jy omblaai, is daar ‘n prentjie van ‘n zebra op die linkerbladsy met die woord dier op die regterbladsy.
    • As jy omblaai, is daar ‘n prentjie van ‘n vier appels op die linkerbladsy met die woord hoed op die regterbladsy.
    • As jy omblaai, is daar ‘n prentjie van ‘n heksie op die linkerbladsy met die woord vier op die regterbladsy.
    • As jy omblaai, is daar geen prentjie op die linkerbladsy met die woord vlieg op die regterbladsy.
  • Indien jou boekie soos hierbo beskryf is, lyk, sal die res van die bladsy ook reg wees. Geniet!

Hoe om die boekie te gebruik

  • Verduidelik aan jou kind dat julle gaan leer van die ‘ie’ klank. Wys vir haar/hom die voorblad van die boekie en sê dat ‘n ‘i’ en ‘n ‘e’ saam ‘n oe klank vorm.
  • Blaai saam met hom/haar deur die boekie verduidelik haar wat elke prentjie simboliseer. Sy/hy moet byvoorbeeld verstaand dat:
    • Die zebra in hierdie geval ‘n ‘dier’ verteenwoordig.
    • Die vier appels die begrip ‘vier’ verteenwoordig.
    • Die heksie op haar besem ‘vlieg’.
    • Wanneer sy/hy verstaan wat elke prentjie behels, kan julle saam die boekie lees. Verduidelik aan haar/hom dat die ‘ie’ klank elke keer in rooi geskryf is. Dus, as sy/hy verstaan dat die twee letters saam ‘n ‘ie’ vorm, kan sy/hy enige vier-letter woord met die klank ‘ie’ in lees. Jy sal sien dat een van die woorde 5 letters in het, naamlik ‘vlieg’. Dit is nou ‘n goeie geleentheid om aan jou kind te verduidelik hoe die twee letters ‘v’ en ‘l’ saamgevoeg kan word.
    • Jy sal sien dat daar net drie prentjies gegee is. Die woorde tier en wiel het nie prentjies by nie. Jy kan hierdie geleentheid gebruik om saam met haar/hom deur tydskrifte te blaai en kyk of julle prentjies vir hierdie woorde kan vind. Knip dit uit en plak dit op die gegewe leë spasie.
    • Indien julle sukkel om prentjies te kry, kan jou kind dit self inteken.
    • Julle kan sommer ook kyk of julle ander ‘ie’ klanke in tydskrifte of boeke vind. Julle sal sien dat daar oop bladsye is in die ‘ie’ boekie, sodat julle julle eie ‘ie’ klanke kan byvoeg.

    Onthou om dit pret te maak. Julle kan ‘n ‘ie’ week hou. Wees gedurig op die uitkyk vir woorde of dinge met ‘ie’ in. Soos wat die week vorder kan julle nog prentjies in julle boekie byvoeg. Gesels gereeld daaroor en laat haar toe om met haar ‘ie’ boekie te spog. Onthou om jou kind geleentheid te gee om die klank neer te skryf!