Weerkaart

Dit is baie belangrik om
kinders van kleins af van hulle omgewing te leer. Hierdie weerkaart is
'n prettige manier om kinders te leer van die weer, en op so n manier
ook van hulle omgewing.
Gebruik die weerkaart so:
Plak die weerkaart teen
jou kind se deur of muur vas. Maak dit 'n gewoonte om elke dag die
pyltjie op die weerkaart te skuif, om by die dag se weer te pas. Indien
toepaslik kan julle altwee pyltjies skuif, byvoorbeeld as dit die dag
koud is en dit reën.
Bespreek eers die
prentjies met jou kind en verduidelik wat elkeen beteken. Maak dit 'n gereelde instelling om dit te doen
en bespreek ook sy gevoelens oor die weer, byvoorbeeld: Hou hy daarvan
as dit koud is? Wat wil sy doen as dit warm is? Koppel byvoorbeeld die weer aan sekere
aktiwteite deur vir haar te vra wat sy graag doen as dit
koud/warm/winderig/reënerig ens is.
Die weerkaart bied ook die
ideale geleentheid om seisoene te verduidelik.