LoebiLOEBI-LEESKLUB
 
 
 
Kostes van die leesklub (Opsie 1)

Kontak ons indien jy in een van die ander opsies belangstel of as jy sukkel om hier aanlyn aan te teken.

Skryf hier aanlyn in!


Meer inligting:

Met aansluiting betaal jy R250. Dit sluit die registrasiekoste en jou laaste maand se betaling in.  

Dan kos dit jou verder R140 per maand vir 11 maande. Dit sluit al jou posgeld ook in.

Indien jy meer as een van jou kinders wil inskryf, is die aanslutingsfooi steeds R250 per kind, maar jy kry maandeliks R30 afslag –  ’n tweede of derde kind betaal dus slegs R110 per maand vir 11 maande.

Betaling

Die aansluitingsfooi van R250 moet oorgeplaas word na die Kinderwerf rekening.  Indien jy kontant direk by die bank inbetaal is die aansluitingsfooi R265 omdat die bankkoste meer is.   

Meer oor debietorders

Ons gebruik ’n stelsel wat dit baie maklik maak vir almal om die debietorder te gebruik. Jy vul slegs die debietorder in. Ingesluit is ’n vorm, of jy kan dit elektronies op Kinderwerf se webwerf invul en ons doen die res. Debietorders kan ongelukkig nie van kredietkaarte afgaan nie. Die debietorder stelsel is heeltemal veilig en jy kan dit met ’n geruste hart gebruik.

Ongelukkig aanvaar ons nie maandelikse  betalings nie, aangesien ons in die verlede gevind het dat mense dikwels vergeet om te betaal of die betaling te laat geskied.

Skryf in!

Kliek hier om die debietordervorm af te laai.

Wil julle solank vir Loebi leer ken?

Ons het 'n Loebi  inkleur en aktiwiteits e-boek beskikbaar wat by ons gekoop kan word. Dit bestaan uit inkleurprentjies en aktiwiteite geskik vir kleuters en word aan jou deur e-pos gestuur. Die koste hiervan is R50.

Kontak ons indien jy hierdie e-boekie wil koop of gaan bestel dit op ons winkelbladsy

 



 

Loebi, die Draak

Loebi die Draak
Ontmoet vir Loebi! Hy gaan nog diep in julle hele gesin se harte inkruip! Lees meer oor Loebi hier!