B

Besoekersboek

Onderteken ons besoekersboek, stuur 'n boodskappie na die volgende e-pos en ons sal jou boodskap hier plaas. Ons hoor graag van julle!

"Ek is mal oor julle webwerf!" Lize-Mari Botha

"Ek geniet en gebruik jou site se inligting so baie dat ek dit ook op my site as ' n link geplaas het." Gerhard Greyling (www.ysterenhout.co.za)

"Baie geluk met ‘n pragtige produk, dit lyk baie prakties, is ekonomies en kan beslis aanbeveel word!" Linda Kruger


"Baie dankie vir Kinderwerf" Chevrolene Esterhuizen

"Ek is baie beindruk met Kinderwerf, dit is 'n baie oulike webwerf en julle bied soveel vir die kleintjies aan. "Susan Nel, Pretoria

"Ek is baie beindruk met die produkte en wat meer is die pryse is baie bekostigbaar." Marli Burger, Potch

"Dit was ‘n aangename verrassing om jul webwerf raak te loop!" Helena Schutte, Centurion

"Wow!!Baie dankie vir julle wonderlike website en tema's.  Dit is wonderlik dat daar iets beskikbaar is vir die Afrikaanse kind!" Petra Le Roux

"Dit is 'n fantastiese webwerf!" Valerie Willemse, Polokwane

"Ek het my e-boekie vanoggend gekry, baie dankie. Die boekie, webwerf en produkte is great.My kleingoed is altwee onder 3 jaar en dis lekker om te weet dat ek hierdie produkte kan bêre tot hulle groot genoeg is is. En ek kan nou al my seuntjie (2jr en 7maande) besig hou! Weereens baie dankie. Ek sal julle beslis weer ondersteun. Hou aan om vir ons sulke puik produkte beskikbaar te stel, en dit nog boonop in AFRIKAANS!!" Desiré Steenkamp

"Wat ‘n voorreg om in Afrikaans deur die net te blaai."Marietjie Rothmann, Florida

"Ek het van dag Kinderwerf vir die eerste keer ontdek en ek moet sê ek is verstom oor die kwaliteit wat die webwerf oor beskik." Ursula Smit

"Ek het vandag Kinderwerf ontdek. Wat 'n fantastiese webblad!!!!! Baie geluk. " Comien Horn

"Ek dink julle is fantasties!!! Dit is lekker om in jou eie taal die webwerf te kan gebruik. Die produkte en julle uitleg van die webblad is baie goed. Ek is vreeslik opgewonde oor Kinderwerf" Marina Schultz, Ellisras

"Ek was op jul webwerf en dis uitstekend." Anne-Maré van Tonder

"Ek het al verskeie produkte gekoop en my seuntjie vind beslis baat daarby." Andrea Ollewagen

"Baie dankie vir julle oorspronklike idee! Ek dink dis briljant!" Mev. M. Janse van Rensburg

"Ek het ure lank gesoek vir geskikte AFRIKAANSE materiaal om te gebruik. Gelukkig het ek op julle webblad afgekom!!" Jonita

"Ek wil net graag vir al die ouers sê dat die alfabet kaart ‘n MOET is vir elke kind. Ek het die kaart aangekoop en by my seuntjie se doeke ruil area opgesit, (Hy was 18 maande oud), elke keer wanneer ons ‘n doek geruil het, he tons na die prentjies gewys en dit geleer.  Hy is nou 20 maande oud en ken die hele alfabet.  Hy sê ook al die helfte van die prentjies as ons daarop druk!!  Ons gaan nou begin met die maande van die jaar met die kalender. 1000de dankies kinderwerf!!!!" Petra Le Roux

Baie dankie vir die kalender!  Ek het dit uitgedruk & dit is pragtig! Heidi Wahl

"Ek het die webwerf by my dogter gekry om te kyk wat julle alles daar doen en ek moet sê,ek is baie beindruk, dit is n baie oulike webwerf en julle bied soveel vir die kleintjies aan. Ek is al n ouma van 2 dogtertjies, Lexy 4jr en Shanè 8mnde so ek sien uit na nog vele besoekies aan julle webwerf.  Afrikaanse webwerwe is baie skaars!" Susan Nel

 

"Ek verwag baba no 3 en is nou by die huis met sussie van 2 jaar en 4 maande. Gelukkig het my Ma van die webwerf op die radio gehoor, want nou kry ek wonderlike idees wat om met haar te speel en te doen.En dis alles in Afrikaans!"

Hanli van Rensburg - Kaapstad

"Die Kinderwerf webwerf is nou werklikwaar ’n fantastiese”speelplek” – sommer vir mamma ook..."

Leentjie Strydom

"Ek het my twee woelwaters lid van die leesklub gemaak en wag met afwagting vir my eerste posstuk. Ek het al 'n hele paar ander produkte gekoop en is absoluut mal daaroor. Die kinders raak opgewonde elke keer as hulle die website sien gesiggies skitter om alles te kan sien. Baie dankie vir 'n wonderlike Afrikaanse produk!"

Magda Steyn

"Baie dankie vir die nuusbrief en die pretpak.  My kinders geniet dit vreeslik baie en hulle leer net so baie.  Nogmals dankie."
 

Eurika Bester

"Baie geluk met hierdie voortreflike webwerf! Vir hierdie ouma gaan dit goud werd wees, al is al drie kleinkinders nog maar jonger as 18 maande."

Annatjie Viljoen

 


voorbeeldadvertensie
Kontak die
Webmeester

Soek Afrikaans is'die eerste ware Afrikaanse soek enjin

<- Terug

Kopiereg 2006-2010 Kinderwerf - Alle regte voorbehou