3 0

Leeskaarte

Ons leeskaarte is gebaseer op Maria Montessori, die stigter van die gewilde en suksesvolle Montessori onderwys-metode, se werk. 

Daar is telkens twee leeskaarte met identiese prentjies. Op die een kaartjie sal die woord vir die prentjie bygeskryf wees, maar op die ander kaartjie (met dieselfde prentjie) sal daar niks bygeskryf wees nie. Die woord vir die prentjie word egter apart gegee.


Beginner Leeskaarte R60

Jy kan die volledige stel van 30 pare beginner leeskaarte, via e-pos, by ons koop vir slegs R60!

Laai die volgende dokument gratis af wat jou meer inligting oor die beginner leeskaarte gee en verduidelik hoe dit werk. Kliek hier om dit af te laai.

Kliek hier indien jy belangstel om die volledige stel beginner leeskaarte, via e-pos, vir slegs R60 te koop.

 

Hoe om die leeskaarte te gebruik

Stap 1

Wys eers die kaartjie sonder die naam vir jou kind, byvoorbeeld net die prentjie van die kat. Gesels oor katte en maak seker dat jou kind weet wat die prentjie se naam is.

Stap 2

Gee nou beide kaartjies (met dieselfde prentjie) vir jou kind. Nou moet jou kind die aparte naamstrokie by die prentjie pas.

Stap 3

Wanneer jou kind al die kaartjies se regte name kan pas, neem jy die kaartjies met die name weg en gee hom of haar net die kaartjies, waarop daar niks staan nie en die aparte naamstrokies. Nou moet jou kleinding die naamstrokies lees en by die regte prentjie pas.

Jy kan ook vir hom/haar ‘n notaboekie koop waarin sy/hy die woorde regtig kan probeer neerskryf, as sy/hy wil.

BONUS!

Die stel leeskaarte waarop die woorde is, kan ook as flitskaarte gebruik word!


voorbeeldadvertensie
Kontak die
Webmeester

Soek Afrikaans is'die eerste ware Afrikaanse soek enjin

<- Terug

Kopiereg 2006-2010 Kinderwerf - Alle regte voorbehou