Leesklub 2009 gebruiksvoorwaardes
Deur aan te sluit as lid van die klub aanvaar jy die volgende voorwaardes.
- Jy is verantwoordelik dat daar elke maand genoeg fondse in jou bankrekening is vir die debietorder. Indien jou debietorder nie deurgaan nie, word jou klublidmaatskap outomaties gekanselleer. Dit sal slegs geheraktiveer word deur die uitstaande bedrag te betaal asook R50 administrasiefooi.
- Slegs die debietordervorm wat deur Kinderwerf verskaf word kan gebruik word.
- Dit is jou verantwoordelikheid om aansluiting en betaling met Kinderwerf te bevestig deur ’n faks(0866 56 77 55 ) , e-pos (klub@kinderwerf.co.za) of sms (082 451 8967) te stuur. Indien jy geen bevestiging van ons ontvang het nie, beteken dit ons het nie jou inligting ontvang nie.
- Jy erken dat al die inligting op die vorm korrek is. Kinderwerf aanvaar nie verantwoordelikheid vir ’n verkeerde adres nie.
- Dit is jou verantwoordelikheid om Kinderwerf vroegtydig te laat weet van enige adresveranderinge.
- Die ouderdomsgroep/e wat jy gemerk het op die vorm is dit wat jy voor ingeskryf het, dit kan nie in die middel van die jaar verander word nie. Indien jy onseker is oor die regte ouderdomsgroep vir jou kind, kontak Kinderwerf eers om seker te maak.
- Jy sal elke maand in kennis gestel word van jou pakkie wat gepos word. Dit is jou verantwoordelikheid om die pakkie te gaan afhaal. Jou pakkie sal by die poskantoor wees en indien jy nie ’n afhaalstrokie van die poskantoor ontvang nie, moet jy met jou naspoornommer gaan navraag doen. Die poskantoor stuur pakkies terug wat langer as ’n maand daar lê en indien die pakkie terugkom, sal jy ongelukkig weer die posgeld van R30 moet betaal asook ’n R20 adminstrasiefooi.
- Die gebruik van die boekies en die aktiwiteite en leerhulpmiddels is slegs vir jou privaatgebruik. Kopiereg 2006-2010 Kinderwerf se skriftelike toestemming nie.
- Alhoewel Kinderwerf alles sal probeer doen om te keer dat dit nie gebeur nie, behou Kinderwerf die reg voor om pryse te verhoog met een maand kennisgewing.
|