LOEBI-LEESKLUB |
DRAKEDORP
|
|||||||
![]() |
||||||||
| |
||||||||
|
Ons nooi alle ouers met kinders tussen 0 en 7 jaar om deel te word van Loebi se wêreld. So word julle deel van ‘n ongelooflike storie-ervaring wat enig en uniek in sy soort is. Die volledige leesreeks kan nou by Kinderwerf gekoop word.. Met Kinderwerf se Loebi leesreeks maak jy wêrelde oop vir jou kind en sorg jy dat jy as ouer net die beste vir jou kleinding gee. Die leesreeks bestaan uit 12 leesboekies per ouderdomsgroep. Elke ouderdomsgroep se boekies is verskillend, dus is daar 60 storieboeke in totaal! Al die Loebi stories is geskryf deur die bekroonde skrywer Martie Preller (skrywer van o.a. die Babalea stories). Verder ontvang jy ook 'n daaglikse aktiwiteite boek wat jou aktiwiteite vir die hele jaar gee. Die aktiwiteite is perfek uitgewerk vir jou kind se ouderdomsgroep en verg net 10-20 minute van jou tyd op 'n dag. Dus is dit sommer 'n wonderlike verskoning om kwaliteit-tyd met jou kleinding te spandeer, terwyl jy seker maak dat alle aspekte van haar ontwikkeling gedek word. Die belangrikheid van ouers se betrokkenheid in 'n kind se opvoeding kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit is in vandag se kompeterende wêreld dus nie net genoeg om jou kind kleuterskool toe te stuur nie. Indien jy jou kind 'n voorsprong wil gee, moet jy ook ekstra aktiwiteite by die huis doen. Die leesreeks se aktiwiteite gee jou die nodige kennis om te sorg dat jou kind se ontwikkeling op standaard ( en nog beter is) en boonop is dit PRET-PRET-PRET! Saam met jou daaglikse aktiwiteite boek ontvang jy ook 'n CD met leerhulpmiddels op. Hierdie leerhulpmiddels kan uitgedruk word en saam met die daaglikse aktiwiteite gebruik word. Die leerhulpmiddels bestaan uit vertoonkaarte, werkskaarte ens. Verder ontvang julle ook 'n audio CD met al 12 storietjies op. Soos julle sal sien is ons leesklub uniek en beslis ’n belegging vir jou kind se toekoms! Meer inligting oor die stories Koop die pakket aan wat reg is vir jou kind se ouderdomsgroep. Die verskillende ouderdomsgroepe waaruit jy kan kies is: 0-2 jaar (die pienk reeks)
Ons identifiseer die verskillende reekse met kleure in plaas van ouderdom. Enige van die boekies kan dus met groot sukses deur kinders gelees en deurgewerk word ook as lees-remediëring. Die stories handel oor Loebi die draak, sy gesin, sy familie, sy omgewing, wat hy doen, wat hy nie kan doen nie en waarmee hy sukkel ensovoorts. Jou kleinding sal vinnig leer identifiseer met Loebi, want al is hy ’n drakie het hy dieselfde emosies, probleme en uitdagings as wat enige kind van daardie ouderdom het. Die stories se taalgebruik, sinstruktuur, woordeskat, lengte en inhoud is aangepas by die spesifieke ouderdomsgroep se kognitiewe vermoëns. Die stories begin dus by baie eenvoudige kort stories vir die 0-2-jarige reeks tot meer gevorderde langer stories vir die 5-7-jarige ouderdomsgroep. Sodoende word ’n liefde vir lees stelselmatig en op ’n natuurlike en deurlopende manier by die kind gevestig.
As deel van jou pakket ontvang jy 'n daaglikse aktiwiteite boek vir die hele jaar en leerhulpmiddels op CD. Die daaglikse aktiwiteite en leerhulpmiddels is gemik daarop om jou te help om jou kind se vaardighede optimaal vir sy/haar ouderdomsgroep te ontwikkel. Dit spreek alle aspekte van jou kind se ontwikkeling aan, soos byvoorbeeld: visuele diskriminasie, selfbeeld, wiskunde, wetenskap, fyn motoriese ontwikkeling, groot motoriese ontwikkeling, emosionele ontwikkeling, hand-oog koördinasie en nog vele meer. Daar is ook begripsvragies ingesluit en die ouer ouderdomsgroepe leer ook stelselmatig die alfabet bemeester. Die daaglikse aktiwiteite is kort en jy kan dit maklik in jou besige skedule inpas. Dit is die perfekte manier om bietjie kwaliteit tyd saam met jou kind te spandeer. Natuurlik hoef jy ook nie elke dag die aktiwiteite te doen nie. Julle kan byvoorbeeld op ’n Saterdag die lekkerste aktiwiteite van die week kies en dit saam doen. Gebruik dit net soos julle wil en pas dit aan by julle eie spesifieke omstandighede. Hoe om die pakket aan te koop:
Die leesreeks kos R1000 (posgeld in SA ingesluit - kontak ons vir buitelandse posfooie). Vir die R1000 kry jy dan alles wat jy nodig het vir 'n hele jaar. Dus sluit dit 12 leesboekies, daaglikse aktiwiteite vir 12 maande, leerhulpmiddels vir 12 maande en 'n audio CD in. As 'n spesiale aanbod kry jy ook die volgende by (terwyl voorraad hou) * 2 Bazoo tydskrifte ter waarde van R60. Gaan lees meer oor die wonderlike Afrikaanse kindertydskrif by www.bazoomagazine.com * 4 Kinderwerf A3 plakkate ter waarde van R100 BETAAL SO VIR JOU LEESREEKS: Met kredietkaart Indien jy van krediet fasiliteite wil gebruik maak kan jy met jou kredietkaart betaal deur op die volgende skakel te kliek. Dit is heeltemal veilig en volg bloot die instruksies: https://www.setcom.com/mall/default.aspx?merchid=BHO3710YX6 Per elektroniese oorplasing: Kliek hier vir ons bankbesonderhede. Wanneer jy inbetaal kan jy jou naam en Loebi as verwysing gee. Onthou om ons 'n epos te stuur en te laat weet dat jy inbetaal het sowel as die ouderdomsgroep wat jy verkies. Laaste, maar
nie die minste nie: Les1: Wie is ek? Les 2: Huis Les 3: My familie Les 4: My omgewing Les 5: Diere Les 6: Beroepe Les7: Feeste Les 8: Vervoer Les 9: Plekke Les10: Speelgoed/Verhoudinge Les11: Verbeelding/Kreatiwiteit Les 12: Vaardighede Die inhoud van die stories en die aktiwiteite is gebaseer op die voorskrifte en leeruitkomste van die Nasionale Kurrikulum en dien dus as addisonele hulp en voorbereiding vir toekomstige leerders. Die stories en aktiwiteite sentreer elke maand rondom 'n ander tema. Aktiwiteite is dus opvoedkundig van aard, wat nie beteken dat dit nie PRET PRET PRET is nie!
|
|||||||