|
|
Kinderwerf
Bestellingsvoorwaardes vir produkte.
Deur produkte by Kinderwerf te bestel aanvaar jy die volgende voorwaardes:
- Die inligting wat jy op die bestelvorm gegee het is korrek. Kinderwerf aanvaar nie verantwoordelikheid vir ’n verkeerde produk wat bestel word of vir verkeerde pos of e-pos adresse nie.
- Indien ons nie jou e-pos adres of posadres het nie kan die produkte nie gestuur word nie!
- Van ons elektroniese produkte (indien jy per e-pos bestel) is groot. Maak seker jy het toegang tot ’n vinnige Internetkonneksie en dat jou e-pos groot dokumente kan ontvang.
- Kinderwerf moet binne 30 dae na die betaling van die produk skriftelik van enige probleme met of in verband met die produk in kennis gestel word. Na die 30 dae tydperk aanvaar ons dat die produk aan jou afgelewer is en da tjy tevrede is daarmee.
- Nadat jou bestelling verwerk is sal jy ’n naspoornommer ontvang – vir produkte wat via slakkepos gestuur word. Dit is jou verantwoordelikheid om die pakkie te gaan afhaal. Jou pakkie sal by die poskantoor wees en indien jy nie ’n afhaalstrokie by die poskantoor kry nie, moet jy met jou naspoornommer gaan navraag doen. Die poskantoor stuur pakkies terug wat langer as ’n maand onafgehaal is en indien die pakkie terugkom, sal jy ongelukkig weer die posgeld van R30,00 moet betaal asook ’n adminstrasiefooi van R20,00 voor jou pakkie weer aan jou gestuur sal word.
- Alle Kinderwerf produkte is uitsluitlik vir jou privaatgebruik. Alle produkte is onderhewig aan kopierg. Dit mag onder geen omstandighede uitgeleen of gekopieer word sonder Kinderwerf se skriftelike toestemming nie.
- Kinderwerf behou die reg om sonder kennisgewing die produkte se pryse te verhoog.
|
|
|