Entrepreneurs
In vandag se dae in is entrepreneurskap van kardinale belang, en moet die vaardighede vir elke liewe kind geleer word. Gelukkig is daar nou 'n pragtige volkeur boek beskikbaar wat jou kind alles van entrepreneurskap sal leer. "Jy kan ook 'n entrepreneur wees!" is deur Kinderwerf mede-eienaar Martie Kruger geskryf en dit neem jou kind deur die hele proses, van hoe om idees te kry, hoe om 'n besigheidsplan op te stel tot hoe om dit te implimenteer.
Dit is in gemaklike eenvoudige taal geskryf met oefeninge wat jou kind kan doen om haar/hom te help. Daar is pragtige volkleur illustrasies by wat die konsepte help verduidelik, en aan die einde van die boek is daar 'n alfabet van idees, indien jou kind nogsteeds sukkel om 'n idee vir 'n besigheid te kry.
Hierdie prettige praktiese boek is 'n belegging in jou kind se toekoms en 'n moet vir kinders van 8 jaar tot 100!!! (Ja dit kan jou as volwassene ook help as jy 'n besigheid wil begin!)

Jy kan NOU hierdie boek by Kinderwerf bestel. Die markprys is R80 (posgeld is gratis). Stuur ons 'n epos en dui aan dat jy hierdie boek wil bestel. Ons sal dan die bankbesonderhede vir jou deurstuur.
ENTREPRENEURSKAPS WENKE (Hou hierdie spasie dop - daar word gereeld nuwe wenke bygevoeg!)
WENK 1
Die sleutel tot enige suksesvolle entrepreneur- maak nie saak hoe oud jy is nie is KREATIWITEIT. Deur kreatief te wees kan jy aan 'n oorspronklike en unieke idee vir jou besigheid dink of aan maniere om jou produk of besigheid BETER as ander s'n te maak.
Die goeie nuus is dat alhoewel party mense meer kreatief is as ander, is kreatiewe denke iets wat aangeleer word. Hier is 'n kreatiewe oefening wat jy saam met jou kind (of alleen as jy jou eie kreatiwiteit wil oefen) kan doen:
"Daar lê 'n bos blomme in die middel van die pad waar al die karre ry."
Beantwoord nou die volgende vragies:
* Hoe het die bos blomme daar gekom? Probeer aan 'n paar redes dink.
* Verander nou julle perspektief: Hoe dink julle voel die blomme op die bad? Indien jou kind sukkel om hierdie te antwoord kan jy hom/haar lei met die volgende vragies:
- Dink jy die blomme is bly of hartseer? Hoekom? Hoe sou jy gevoel het as jy blomme was wat in die middel van die pad is?
Deel van kreatiwiteit is om assosiasies te maak. Gebruik nou die blomme om aan idees vir besighede te dink:
- hoekom gee mens vir ander mense blomme?
- Wie hou almal van blomme?
- Wat is die probleem met blomme? (soos byvoorbeeld hulle verwelk vinnig, mense is allergies ens....)
Kyk of dit jou dalk 'n idee vir 'n besigheid kan gee......
Hou hierdie spasie dop vir nog wenke en onthou om "Jy kan ook 'n entrepreneur wees" aan te koop vir nog baie kreatiewe oefeninge en nog vele meer!
WENK 2
KEN JOUSELF!
Wanneer jy of jou kind 'n besigheid wil begin is dit baie belangrik om jouself te ken. Jy moet weet waarvan jy hou en waarvan jy nie hou nie, en wat jou talente is. Doen iets waarvan jy hou en wat jy GOED kan doen. Lees meer hieroor in Martie Kruger se boek "Jy kan ook 'n entrepreneur wees" -
WENK 3
Dink eenvoudig. Soms werk die eenvoudigste idee die beste!
KLEIN ENTREPRENEURS
Koop ons werfgeld e-boekie vir jou klein entrepreneurtjie. Dit leer kleintjies van geld en gee speelgeld wat julle oor-en oor kan uitdruk. Perfek om kleintjies onder 8 lus te maak vir hulle besigheid! Sien werfgeld vir meer inligting.
Gaan lees Martie Kruger se artikel oor entrepreneurskap soos wat dit in die Taalgenoot se tydskrif "Hoezit!" verskyn het: Verdien jou eie sakgeld