Die
Emosiewiel

Leer
jou emosies hanteer
Kinderwerf se emosiewiel is
geskik vir kinders van alle ouderdomme. Die emosiewiel is 'n wonderlike
manier vir kinders om uitdrukking aan hulle emosies te gee. Vir die
kleintjies sal dit help om name te gee vir die emosies wat hulle reeds
voel, en vir ouer kinders is dit 'n maklike manier om hulle emosies oor
te dra op 'n
speelse manier.
Werk so met jou emosiewiel:
Bespreek al die gesiggies
en die verskillende emosies met jou kind,
byvoorbeeld:
" Hierdie gesiggie is
opgewonde. Dit is hoe jy voel as Mamma en Pappa jou sirkus toe
vat."
of
"Hierdie gesiggie is
kwaad. Dit is hoe jy gevoel het toe Boetie jou speelding gebreek het."
Laat jou kind jou help om die emosiewiel op sy deur te plak.Verduidelik
nou vir jou kind dat hy elke oggend die pyltjie kan skuif tot op die
gesiggie wat wys hoe hy voel die dag. Jy kan selfs 'n emosiewiel op jou
deur ook sit!
Hierdie is 'n pret manier vir jou om jou kind te leer ken, en ook om
hom/haar beter te verstaan. Nou weet jy byvoorbeeld as jou kind nie
lekker voel die dag nie, en kan jy hom/haar sodanig hanteer. Verder gee
dit jou kind ook die
geleentheid om uitdrukking aan sy/haar gevoelens te gee, wat 'n baie
belangrike vaardigheid is
en waarmee party volwassenes nog steeds sukkel. Dit is dan dus die
eerste treetjie tot die herkenning en erkenning van
jou eie en ander se emosies.