Samestellingskaarte
Ons Samestellingskaarte is 'n prettige en praktiese manier om jou kind te help om gevorderde en moeilike woorde te lees. Dit moet liefs gebruik word wanneer jou kind basiese woordjies al kan lees, maar jy kan dit gerus vir jonger kinders wys en daarmee laat speel, om hulle te leer dat twee woorde saam heeltemal 'n ander woord kan vorm. Die Samestellingskaarte bestaan telkens uit 'n groot kaart met die samestelling op asook twee klein kaartjies wat saam die samestelling vorm. Alles het telkens 'n pragtige illustrasie by.
KOOP! Jy kan die Samestellingskaarte by ons koop vir slegs R25. Jy sal die volgende samestellingskaarte ontvang: blompot, boekrak, appelboom, muishond, kersboom, trompet en nagrok.Stuur ons 'n e-pos om ons bankbesonderhede vir betaling te ontvang. Sodra ons jou betaling ontvang het word die kaarte elektronies vir jou gestuur.
Kliek hier onder vir 'n GRATIS voorbeeld om te wys hoe jou samestellingskaarte sal lyk:
Laai gratis af
HOE OM JOU KAARTE TE GEBRUIK:
INSTRUKSIES
Knip die kaartjies op die lyne uit. Jy behoort telkens twee kaartjies te hê, met die los woordjies op en dan 'n groot kaartjie wat die samestelling toon. Vir langdurige gebruik kan jy jou kaarte lamineer. (Lamineer dit eers en knip dit dan uit)
HOE OM TE GEBRUIK
Wys jou kind watter woordjies saam gebruik moet word om 'n samestelling te vorm. Die kaarte kan op drie verskillende maniere gebruik word.
Metode1:
Neem telkens die groot kaart met die samestelling op. Vra jou kind om nou die twee klein kaartjies te soek wat die samestelling vorm. Jy kan selfs vir hom/haar wys dat as jy die een deel van die woord toe hou, is die woord dieselfde as die klein kaartjie wat hy/sy besig is om te soek. Die spel eindig wanneer jou kind al die samestellings se los woordjies gevind het en dit onder die samestellingskaart geplaas het.
Metode2
Help jou kind en pak die los woordjies wat bymekaar pas, bymekaar. Nou moet jou kind telkens die groot samestellingskaart soek wat by die twee los woordjies pas.
Metode 3
Wanneer jou kind goed vertroud is met die samestellingskaarte, kan jy hom/haar met al die kaartjies los, dat hy/sy self alles uitsorteer op sy/haar eie.
|